Skoonkrag is die hernubare energie-tegnologie tak van MTC, 'n konsultasie-maatskappy wat spesialiseer in die oordrag van tegnologie en simulasie dienste (wiskundige modellering).

Ons kan navorsing, wiskundige modellering en soortgelyke dienste verskaf wat aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling is, maar ons het ook vennootskappe wat ons toelaat om standaard dienste, soos sonkrag-stelsels, meting en verifikasie van energie gebruik, energiebestuurstelsels, ensovoorts te lewer.

Wat kan ons doen?

  • Konsultasie in verband met energie besparing
  • Konsultasie in verband met hernubare energie
  • Hernubare energie navorsing (insluitend eksperimentele aanlegte en eksperimentering)
  • Simulasie / modellering van hernubare energie tegnologie
  • Energie-bestuurstelsels
  • Meting en verifikasie
  • Verhitting en verkoeling (HVAC)
  • Water verhitting
  • Watersuiwering
  • Optimalisering van beligting
  • Verskaf sonkrag stelsels
  • Ontwikkeling van nuwe produkte

Ons dienste

Let wel: As jy belangstel in ons dienste, fondse is beskikbaar deur middel van verskeie regeringsinisiatiewe soos die Nasionale Gieterywese Netwerk (NFTN), die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DTS), die Departement van Handel en Nywerheid (DTI), ensovoorts. Ons is geregistreerde verskaffers by baie van hierdie inisiatiewe, en het reeds 'n paar van ons kliŽnte gehelp om befondsing vir dienste teen 'n fraksie van die prys (of selfs gratis) te verkry. Doen asseblief navraag indien u belangstel.

Navorsing, ontwikkeling en wiskundige modellering

Ons is in staat om navorsing te doen, beide in terme van die optimalisering en vermindering van energieverbruik van bestaande prosesse, en ook in die ontwikkeling van nuwe produkte en stelsels. Hier volg 'n lys van tipiese projekte wat ons doen.

Vertikale-as wind turbine

Konsultasie-projek vir die Vaal Universiteit van Tegnologie. Doeltreffendheid van 'n vertikale-as wind turbine is geŽvalueer deur middel van numeriese modellering, wat vloeimeganika en starre liggaam fenomena insluit.

Pompstasie analise

Omvattende ontleding op pompstasie: pomp kenkrommes en stelsel ontwerp evaluering. Klein-verliese as gevolg van die pyp stelsel ontwerp geëvalueer deur middel van simulasie.
Kliënt was die munisipaliteit van Orania.

Novacast

Verkoeling van LED lig

Simulasie van 'n hitte-uitruiler vir 'n LED lig, ten einde maksimum temperatuur te verifieer. Die simulasie stel ontwerpsingenieurs instaat om 'n redelike veiligheids-faktor te verseker in bedryfs-omstandighede, terwyl materiaal koste beperk word.
KliŽnt: Eco-synergy.

SolidFace logo

hernubare energie produkte

Deur ons vennootskap met verskaffers van hernubare energie en energie-beheerstelsels, lewer ons 'n diens gefokus op die industriŽle sektor en boerdery.

Vir die industriŽle sektor kan ons 'n omvattende diens lewer met aantreklike opsies wat besparings van die eerste dag van die installering verseker (dit sluit finansiering opsies). Ons sal 'n omvattende ontleding van jou elektrisiteitsverbruik doen deur middel van ons aanlyn metingstelsels, sodat ons voorstel gebaseer is op werklike kwantitatiewe data, en nie 'n blote kwalitatiewe inspeksie nie. Kontak ons ??asseblief indien u belangstel in so 'n energie-oudit.

  • Ons kan finansiering en kortings vir hernubare energie produkte lewer.
  • Vir 'n minimale kapitale uitleg kan ons produkte soos energie bestuurstelsels lewer wat elektrisiteit kan bespaar (soms 30% of meer op u rekening). Dit is 'n aantreklike opsie wat meetbare beleggingsopbrengste van die eerste dag van installering lewer.